+27 82 893 1851 jos@safaricampers.co.za
Dis Lekker in die Bosveld!
27 Nov 2020

Twee uur nadat ons Pretoria se vinnige verkeer agtergelaat het, sing die sonbesies rondom ons in die doringbome van die Mabalingwe-natuurreservaat. Dis doodrustig, die son bak venynig en ek wonder of daai dreigende donderwolke later verligting gaan bring. Ons staan met ’n koeldrank in die hand onder ’n doringboom en wag op ’n wildbewaarder wat ons na die Kalahari-
4×4-boskamp gaan begelei. Die pad daarheen is nie te moeilik nie, maar ons wil dubbel seker maak ons kom daar uit. Die pad van Pretoria tot hier in Mabalingwe, net anderkant Bela-Bela, is heelpad teerpad. Jos en Elsabé Joubert ry voor in hulle enkelkajuit-Land Cruiser-bakkie en ek volg in ’n dubbelkajuit-Hilux. Albei voertuie het ’n Abba Camper agterop en ons gaan bos toe om gemaklik te kamp. ’n Wit Isuzu-bakkie hou by ons stil. “Nou maar volg my,” sê die wildbewaarder en kies rigting op ’n tweespoorpaadjie die bosse in ….

Contact Us


    Address:

    Portion 3 of Plot 36,
    Achilles Road
    Olympus
    Pretoria
    0081
    Coordinates: S25 48.528 E28 21.158

    Contact Us